CHSISCHE.DE ≡ Sets Study Guides Gr 7-9 Other Subjects Study Guides Gr 7-9 English Hair Oils
  • Study Guides Gr 10-12 Maths

  • Pythagoras Graad 9 KABV Wiskunde 9781868631544

Pythagoras Graad 9 KABV Wiskunde 9781868631544

$64.54 $127.14
Ons is opgewonde oor die feit dat Fisichem Uitgewers ’n Wiskunde-studiegids vir Graad 9 op die rak het. Die skrywers, Katie Müller en Margaret Rossouw, is jonk en dinamies en is albei passievol oor Wiskunde. Hierdie susters het grootgeword in ’n huis waar Wiskunde ’n ereplek beklee het, en die onderrig van hierdie vak lê hulle na aan die hart. Hulle het areas geïdentifiseer waar Graad 9-handboeke verbeter kan word wat betref die hoeveelheid oefeninge op elke begripsvlak en het dit reggekry om sulke leemtes in hierdie studiegids reg te stel. Hulle voel dat hierdie boek leerders sal help om hulle kennis vas te lê en uit te brei sodat hulle hulle hoërskoolloopbaan met ’n stewige grondslag in Wiskunde kan voortsit. Pythagoras 9 is aanvullend tot leerders se klaswerk en normale handboeke en gee hulle die geleentheid om ekstra oefeninge te doen. Die oefeninge sal leerders help wanneer hulle hersiening doen ter voorbereiding vir toetse en eksamens. Elk van die vyf leeruitkomste en hulle onderafdelings, soos voorgeskryf in die KABV-dokument, word volledig in hierdie boek gedek. Elke module bestaan uit vier dele: ’n Kort bespreking van die belangrikste teorie en tipiese voorbeelde. Oefening A: Hierdie oefening bestaan uit eenvoudiger probleme en is daarop gerig om leerders se kennis te konsolideer en vas te lê. Oefening B: Hierdie oefening bestaan uit meer ingewikkelde probleme en is daarop gerig om leerders se kennis te verdiep. Toets: Elke module sluit af met ’n toets. Leerders moet hulleself ’n tydsbeperking gee wanneer hulle hierdie toetse voltooi. ’n Goeie maatstaf is 1 minuut vir elke punt. Let asseblief op: Sommige modules bevat ook ’n Oefening C. Dit is hoofsaaklik van toepassing op modules wat ’n groot volume inhoud bevat en die doel daarvan is om die werk beter saam te vat om sodoende leerders se begrip te bevorder. (Hierdie rangorde is egter nie in Module 1.1 gevolg nie, aangesien hierdie module ’n wye verskeidenheid onderwerpe dek.) Die boek as geheel bestaan uit twee dele: Die kort bespreking, oefeninge (vrae) en toets vir elk van die vyf leeruitkomste en hulle onderafdelings maak die eerste deel van die boek uit. Volledige antwoorde vir die oefeninge (vrae) en toetse (met puntetoekenning) maak die tweede deel uit.
Study Guides Gr 10-12 Maths

Study Guides Gr 10-12 Maths

  • USED – X-kit Achieve! English Home Language Grade 12 Exam Practice
    $18 $27
  • Mindbourne AP Maths Statistics Examination Preparation Workbook 9781928462842
    $72 $112.32
  • Pythagoras Graad 12 KABV Wiskunde 9781868631568
    $55.21 $83.37
  • Fisichem Graad 10 Fisiese Wetenskappe 9781868631414
    $27 $46.98
  • Gr 11 Assessment Book/Assesseringsboek 9781920378929
    $68.02 $99.99
  • Mathematics/Wiskunde Gr12 Papers And Solutions (Bilingual) Caps Aligned (2023 Edition)
    $60.82 $121.03
  • System Maths Grade 10 Assessment Book – 9781920378462
    $90 $130.5
  • Gr 11&12 Mathematics Revision Book 9781920378905
    $50.47 $62.08
  • Mindbourne Grade 11 Geometry Workbook Teacher Guide (IEB & DBE)
    $64.97 $114.35
  • Pythagoras Graad 10 KABV Wiskunde 9781868631575
    $49.68 $82.97
  • Ace it! Mathematics Grade 11 Study Guide 9781920356316
    $35.96 $59.69
  • The Answer Series Graad 10 Wiskundige Geletterdheid 3-in-1 KABV 9781920297824
    $45 $73.35
  • The Answer Series Graad 11 Wiskundige Geletterdheid 3-in-1 KABV 9781920558307
    $39.08 $71.52
  • Pythagoras Graad 11 KABV Wiskunde 9781868631452
    $45 $85.95
  • Great Gatsby Study Guide 9781770172890
    $55.53 $89.96
  • The Answer Series Grade 12 Wiskundige Geletterdheid 3-in-1 KABV 9781920568719
    $41.09 $50.95

© 2026 - CHSISCHE.DE